Amper alle besighede vandag steun baie op hulle internet bediener diens verskaffers.

Die maatskappye wat ons web werwe, e-pos en ander aanlyn komponente van ons besighede bedien en beheer het 'n verskriklike skewe krag oor ons. Hoe weet jy jou internet bediener verskaffer is 'n goeie een?

Internet bediener maatskappye word nie gereguleer nie. Hulle is eintlik 'n self-gereguleerde groep wat min of geen rekenskap gee aan individuele kliënte nie, veral die groot maatskappye. Hulle weet dat min mense weet hoe hulle doen wat hulle doen. Hulle weet ook dat die struikelblokke om in die mark te tree en met hulle te kompeteer is baie hoog. Baie van die kliënte wat IGotAfrica.com as 'n internet bediener verskaffer kies kla dat ander bediener maatskappye baie traag is om probleme op te los. Dit is die mees algemene klagte, maar daar is baie ander.

Die probleem is dat hierdie kwessies eers vorendag kom nadat u web werf gekaap is en afgeskakel is, of u e-pos blootgestel word op een of ander manier en die skade is berokken. Besighede wat staatmaak op hulle aanlyn teenwoordigheid kan nog meer skade lei deur selfs vir 'n paar minute af te wees. Teen die tyd dat u uitvind daar is nie 'n rugsteun diens nie, wat u gedink het is in plek, of u dink u kan staatmaak op u bediener verskaffer in 'n krisis, maar u vind uit u kan eintlik nie, is dit dan te laat om die huidige situasie te voorkom.

Hoe kan jy vasstel of jou internet bediener verskaffer 'n goeie een is wat jou besigheid pas of nie? Hier is 'n paar wenke wat jou in staat sal stel om 'n besluit te maak oor jou diens verskaffer.

U moet iemand oorreed dat u 'n probleem ervaar

Daar is 'n baie deurdringende idee in die inligting tegnologie industrie dat mense nie verstaan wat rekenaars is en wat hulle kan doen nie. Dit mag dalk waar wees op 'n baie tegniese vlak, maar dit is nie die punt nie. Die hele industrie bestaan as gevolg van die feit. Mense in die I.T. industrie wat nie respek het vir mense wat nie verstaan hoe hulle web werwe en e-posse werk nie moet hulle houding verander. Hulle het dalk duisende, of selfs miljoene kliënte, maar u het net een e-pos adres. U het net een web werf en dis vir jou belangrik. Daar is baie ander diens verskaffers wat kan doen wat hulle doen en dis maklik om oor te skakel na 'n ander maatskappy indien u probleme het, hoe klein ook al, wat nie ernstig opgeneem word nie.

'n Goeie bediener verskaffer verteenwoordiger is veronderstel om aan u vrae te kan stel wat hom/ haar sal vertel wat die probleem is en hoe om dit op te los. Ek het al baie verteenwoordigers teëgekom wat weier om te aanvaar dat daar enigsins 'n probleem is. Die houding moet die teenoorgestelde wees: Hulle moet jou oorreed dat hulle weet wat die probleem is en hoe om dit op te los. Om net eenvoudig vir u te sê dat die probleem "aan u kant" is is nie goed genoeg nie. As dit werklik die geval is kan hulle ten minste vir u 'n skakel stuur na 'n web werf wat vir u kan verduidelik hoe om die probleem self op te los. Hoekom sal u hulle dan nodig hê?

U verstaan nie waarvoor u betaal nie

In enige ander besigheid transaksie wat u aan kan dink in en om u besigheid sal u nooit geld spandeer op iets wat u nie verstaan nie. U diensverskaffer moet in staat wees om aan u te verduidelik hoekom u betaal wat u betaal. U kry elke maand 'n faktuur, betaal dit, maar weet u werklik wat presies u in ruil kry? Kan u aan iemand anders verduidelik wat u kry en hoekom u bediener verskaffer beter is as 'n ander een?

Hier is nog 'n paar vrae wat u kan antwoord oor u diens verskaffer:

  • Het u 'n onderneming vir 'n reaksie tyd van u diens verskaffer?
  • Wat kan u doen, behalwe om bediener verskaffers te ruil, as iets fout gaan?
  • Toets die bediener verskaffer die rugsteunsisteem wat hulle doen, indien hulle rugsteuning doen?
  • Kan u self rugsteunsisteem bykom/ kan uself rugsteuning doen?

organisasie Kultuur en Geheue

Daar is 'n groot probleem in baie organisasies, nie net in die I.T. sektor nie, met organisasie kultuur en geheue. organisasie geheue verwys na die omkeer van werknemers. Dis 'n baie eenvoudige proses in vandag se inligting-gedrewe wêreld. U het heel moontlik dieselfde uitdagings in u eie organisasie. Wanneer iemand bedank, vir watter rede ook al, vat dit 'n geruime tyd vir werkers wat die mense vervang om hul rolle en verantwoordelikhede oor te vat. Wat meer belangrik is is die mense wat met u kliënte te doen kry bou verhoudings met en kennis van die kliënt. Die geheue gaan gereeld verlore wanneer iemand 'n maatskappy verlaat. Hoë werknemer omkeer dui ook 'n swak organisasie kultuur aan. As u maatskappy 'n persoon was, sou u van daardie persoon hou? Hoe behandel u u kliënte? Verwag u van u werknemers om te lieg om die maatskappy se reputasie of regtelike posisie te verdedig?

Wanneer u oor en oor vir mense van dieselfde maatskappy moet verduidelik wie u is dui dit op 'n gebrek aan organisasie geheue, of dat die kultuur in die organisasie so swak is dat dit werknemers weg dryf. U kan baie tyd mors om u bediener verskaffer op te lei oor dieselfde produkte wat hulle aan u verkoop het.

Vra hierdie harde vrae en u behoort genoeg inligting te hê om 'n besluit te maak oor wie u bediener maatskappy moet wees.

Gradeer jou internet bediener verskaffer
Your IP address has been recorded as 3.145.59.187. Session reference d4361262-23cc-4972-ad77-76711af4047d.