In ons nuwe wêreld van aanlyn verhoudinge, inkopies, wel... alles, word dit duidelik dat baie ouers nie die uitdaging baie goed hanteer nie.

Ek is self 'n ouer en 'n inligting tegnologie spesialis en dus is ek baie bekommerd oor die gevare wat gepaard gaan met kinders en hul aktiwiteite op die internet. Die internet is so 'n kragtige en bekragtende hulpmiddel en ek dink om te leer hoe om dit te gebruik is 'n baie baie belangrike deel van 'n kind se opvoeding. Dan hoor mens al die stories van kuber boelies, handel in mense, kinder pornografie en so baie ander aktiwiteite wat kinders teiken en van hulle slagoffers maak. Dan praat ek nie eers van wat kinders op die internet te siene kry nie! Dis 'n perd van 'n ander kleur en kan 'n hele artikel op sy eie wees.

Net soos die fisiese sekuriteit voorsorgmaatreëls wat u moontlik in plek het om u kinders te beskerm teen kriminele of kriminele aktiwiteite, is dit verskriklik belangrik om u kinders teen kriminele op die internet te beskerm. Om geen voorsorgmaatreëls in plek te hê nie, behalwe om jou kinders totaal die internet te belet, is naïef.

Om 'n bedreiging te stop dink ek dis belangrik om dit te verstaan. Ek sien baie van my vriende en familielede, die wat kinders het en die wat nie kinders het nie, wat hulle lewens op die internet deur gaan salig onbewus van al die gevare wat hulle self mag teëkom, om van hul kinders nie te praat nie! Daar is baie min gewaarwording van kuber misdaad tot ons die tragiese storie lees van iets wat klaar gebeur het en moontlik voorkom kon word.

Kom ons kyk na 'n paar van die grootste gevare vir kinders op die internet waarna ons kan kyk hoe ons die tipe goed stopsit:

  1. Slawehandel
    Volgens Freedom United is daar 40.3 miljoen mense wêreldwyd in slawerny en 71% van slawe is vroulik. U kan meer lees oor die probleem op hulle webwerf. Waar pas die internet in al die in? Die internet word deur slawe handelaars gebruik om mense te lok met die belofte van werk, vriendskap of enige ander belofte wat lei tot 'n fisiese ontmoeting waar die slagoffer dan ontvoer word en as slaaf verkoop word. Soms verlaat die slagoffer self die land van hul herkoms.
  2. Kinder Pornografie
    Kinders word dikwels bevriend deur kinder pornografiste wat hulself voordoen as iemand van die teenoorgestelde geslag van dieselfde ouderdom. Met die gebruik van sosiale media en ander aanlyn kommunikasie middele wat alledaags word vir meeste van ons is die feit dat u kinders met ander mense praat nie in sigself die probleem nie. Om seker te maak met wie u praat is belangrik. Die oortreder in die geval sal die kind gevra word om seksuele fotos te stuur en versprei dit dan aan ander perverse mense. Dan kan die kind boonop afgepers word met dreigemente van vernedering en onthulling.
  3. Kuber Boelies
    Die is nog 'n voorbeeld van iets wat ons gewoonlik met 'n fisiese aksie assosieer wat nou aanlyn ook gebeur. Kinders teiken mekaar nou met aanlyn aanvalle. Kuber boelies kan menigte vorme aanneem insluitend vernedering, versprei van valse gerugte en valse vriendskap. In die geval van vals vriendskap sal 'n boelie 'n kind kontak in 'n privaat kommunikasie kanaal en maak of hulle wil vriende wees. Sodra die kind die nuwe "vriend" vertrou sal die boelie persoonlike inligting oor die slagoffer aan ander openbaar.
  4. Werwing vir Terrorisme
    Verskeie terroriste en ander radikale organisasies het nou posgevat op die internet. Hierdie organisasies word in ander publieke plekke uitgesluit en is dalk selfs onwettig waar jy bly, maar die internet gee hulle 'n plek om te skuil en hulle idees te versprei. Bo en behalwe dat hulle inhoud kan publiseer soek hulle aktief kwesbare kinders deur digitale kanale en maak vriende met hulle. Dit begin met 'n onskuldige gesprek oor 'n speletjie, of een of ander onderwerp wat u kind mag interesseer kan na 'n ander onderwerp geskuif word. Meeste volwassenes vind dit moeilik om tussen feite en propaganda te onderskei, so om 'n kind of 'n jongmens te oortuig van een of ander verregaande idee is makliker as wat u dalk dink.
  5. Seksuele Aanranding
    Net soos kinder pornografiste handel sal seksuele oortreders kinders op die internet bevriend deur te maak of hulle van die teenoorgestelde geslag en 'n gepaste ouderdom is. Die seksuele oortreder vat dan een stap verder deur die kind te lok na 'n fisiese ontmoeting waar die kind dan ontvoer word, of erger behandel word.
  6. Bedrog
    Die is gewoonlik die onderwerp van 'n grap of 'n snaakse staaltjie wat om die etenstafel vertel word. Ek het self al 'n paar keer gehoor hoe kinders gevra word om persoonlike besonderhede van hul ouers of voogde uit te blaker. Dit kan kredietkaart besonderhede, alarm kodes en wagwoorde vir sekuriteitsmaatskappye, kluis kodes en so aan insluit.
  7. Diefstal
    Weereens word die kind bevriend, word gelok na 'n ontmoeting en dan beroof. Dit kan ook aanlyn diefstal wees. Rekenaar virusse kan na u kind gestuur word om toegang na data wat op u kind se toestel is te kry.

Nou weet ons min of meer wat die gevare is en ons kan nou die risiko aanspreek. Hier is 'n paar wenke om u kinders veilig te hou op die internet:

  1. Praat met u kinders
    Verduidelik u kommer. Maak seker hulle verstaan dat daar ware gevare op die internet is. Hulle moet verstaan hoekom u nuuskierig gaan wees en u moet so wees. Vra hulle met wie hulle gesels op die internet en probeer om dit te verifieer.
  2. Vat hulle toestelle oor
    U hoef nie die kind se privaatheid te oortree nie. Daar is 'n paar foon applikasies wat u kan gebruik om die applikasies op hul fone te kan beheer en maak seker hul fone het anti-virus op. Hier is 'n inligtingreike artikel en 'n lys van applikasies vir u foon.

    Indien u kinders skootrekenaars gebruik kan u soortgelyke applikasies hier vind.
  3. Stel die voorbeeld
    Kinders doen wat u doen, nie wat u se nie. Moenie u kinders deurmekaar maak deur hulle te forseer om sekuriteit applikasies te installeer en dit dan nie self doen nie. Wys hulle hoe om internet risikos te vermy en maak seker hulle volg die reëls wat u vir hulle stel.
Related Searches: internet sekuriteit, ouerskap, wenke, advies

Kommentaar

Internet Sekuriteit Wenke vir Ouers
Your IP address has been recorded as 3.133.108.241. Session reference c48d0828-7d4e-4f36-add1-0b621438004b.